Laerskool Fontainebleau Logo
 
Welkom by Laerskool Fontainebleau
  Welkom by Laerskool Fontainebleau

Baie welkom terug en ons wens is dat 2012 vir u en u gesin 'n uitstekende jaar sal wees.

Vir die kinders en ouers wat vir die eerste keer deel word van Laerskool Fontainebleau, wil ons in die besonder welkom heet. Ons vertrou dat u gou sal inskakel en baie tuis sal voel.

Ons sê ook baie welkom terug aan al die personeel.

Belangrike datums vir Januarie/Februarie:

Januarie
27 Januarie OOV Kenmekaarbraai (Rugbyveld)
31 Januarie Atletiek Ruimsig
Februarie
3 Februarie Atletiek - Ruimsig
10 Februarie Interlaer - Hoërskool Randburg
14 Februarie Individuele en klasfoto's
17 Februarie Atletiek - Clusterbyeenkoms  Hoërskool Linden
25 Februarie Atletiek - D10 Ruimsig
29 Februarie Rugby Delville

Skoolure:

Gr.R en RR 08:00 – 13:00 Maandag tot Vrydag
Gr.1 en 2 07:30 – 13:00 Maandag tot Vrydae
Gr. 3 07:30 – 13:15 Maandae tot Donderdae
Gr. 4 tot 7 07:30 -  13:30 Maandae tot Donderdae
NB! Die Gr. 3 tot Gr. 7 leerders kom op 'n Vrydag om 13:00 uit aangesien die Hoërskool ook om 13:00 uitkom.

 

Laerskool Fontainebleau bedank die volgende borge: